Ryk sakelui betaal vir Proteas-afrigter se regskoste

‘n Groep ryk sakelui het na bewering saamgespan om die afrigter van Proteas, Mark Boucher, se regskoste te betaal. Hy beveg Krieket Suid-Afrika se aanklag van ernstige wangedrag. Volgens die Suid-Afrikaanse berigte, is die groep verontwaardig oor die organisasie se bewerings van sogenaamde openlike en onderbewuste rassisme teen Boucher, en sal alles doen om vir hom die beste regsverteenwoordiging te kry. KSA se uitvoerende hoof, Pholetsi Moseki, sê ‘n dissiplinêre verhoor teen Boucher sal Woensdagoggend begin wanneer die onderskeie regspanne ontmoet om ‘n datum vas te stel.