Brandweermanne pak weer Two Oceans

Padwedlope: In ‘n poging om steun en skenkings in te win vir die Vrywilliger-veldbranddiens, gaan twee brandbestryders van die Stad Kaapstad in hulle brandweeruitrustings aan die Twee Oseane-halfmarathon deelneem. Dit is die tweede keer dat Jermaine Carelse en Renaldo Duncan die marathon pak, met die doel om die afstand af te lê in twee-uur-40-minute, of minder. Die burgemeesters-komiteelid vir veiligheid en sekerheid, JP Smith, moedig die publiek aan om die saak te steun omdat die veldbrand-diens ‘n waardevolle vennoot is vir brandbestrydings-agentskappe.