Brandstofpryse val in buurland

Bestuurders in Suid-Afrika het die goeie nuus ontvang dat petrol Woensdag 65 sent per liter goedkoper word en die prys van diesel met tot 2 Suid-Afrikaanse rand 41 sent laer sal wees. Dit is die tweede agtereenvolgende maand dat brandstof, met die uitsondering van gas, goedkoper word. Daar was hoop vir ‘n groter daling in die petrolprys weens ‘n sterker rand en goedkoper olie, maar dis teengewerk deur ‘n styging van 60,1 sent per liter in die winsgrense van groot- en kleinhandelaars en sekondêre bergingskoste. Hierdie koste word net een keer per jaar aangepas, in Desember. Namibiërs sal voor Woensdag hoor wat met die plaaslike brandstofpryse gaan gebeur.