Brandstofpryse in buurland daal ook

Nes in Namibië sal Suid-Afrikaanse brandstofpryse ook Woensdag beduidend daal. Die departement van minerale bronne en energie sê die petrolprys sal met twee Suid-Afrikaanse rand ses sent per liter verlaag word, terwyl diesel  tussen 2 rand 69 en 2 rand 81 sent minder sal kos. Petrol sal dán op sy goedkoopste vlak wees sedert Februarie, toe Rusland se inval in Oekraïne ‘n groot styging in oliepryse veroorsaak het. Die departement sê in ‘n verklaring, die verlagings is hoofsaaklik die gevolg van ‘n daling in oliepryse teen die agtergrond van vrese vir ‘n wêreldwye ekonomiese resessie.