Brandstofprys: Verlenging van heffingsamnestie word nog oorweeg

Die Namibiese kabinet oorweeg nog of die verligtingsmaatreëls in verband met die brandstofprys verleng of verwyder moet word. Die maatreëls is in Mei daargestel vir drie maande. Die ministerie van myne en energie het voorlegging by die kabinet ingedien oor of die heffingamnestie met nog drie maande gehandhaaf en verleng kan word of om dit verder te verminder indien die situasie vererger. Die ministerie sê die brandstofprys vir Augustus sal sy standpunt bepaal, maar die beslissing berus by die kabinet. Die Motorvoertuigongelukke Fonds sê hy verloor 11 miljoen Namibiese dollar per maand terwyl die Padfonds-administrasie, sê die maatskappy het inkomste van meer as 300 miljoen dollar verloor. Daar word verwag die brandstofprys vir Augustus, wat volgende week Woensdag in werking tree, die week bekend gemaak sal word. Brent ru-olie het in die afgelope 30 dae net minder as 8 persent in waarde verloor maar, het oor die laaste sewe dae met net meer as 4 persent gestyg.