Brandstofprys op met 40-sent ‘n liter

Die Namibiese ministerie van myne en energie kondig ‘n 40-sent verhoging in die petrol- en dieselprys aan. Die verhoging tree om 7 Julie in werking. Opul+ vergader môre en dit is onseker wat die olie-produsente sal beslis veral in die lig van die verspreiding van die hoogs aansteeklike Delta-variant regoor die wêreld. Dit bemoeilik voorspellings vir olie-aanvraag. Rusland wil volgens berigte produksie opstoot om ‘n verhoging in die prys te verhoed maar die Opul-lede skop volgens die ministerie vas. Intussen het ru-oliepryse redelik skerp gestyg in die afgelope maand en nieteenstaande die voordelige wisselkoers tussen die Suid-Afrikaanse rand en Amerikaanse dollar, is daar steeds ‘n plaaslike onderverhaling van 66-sent per liter vir petrol en 55-sent per liter diesel.