Brandstofprys onveranderd vir Mei

Die Namibiese Ministerie van Myne en Energie het die brandstofprys onveranderd gelaat vir Mei. Luidens die verklaring het ru-oliepryse gestabiliseer oor die afgelope 5 maande met verlaagde vraag in veral Indië en Japan, twee van die wêreld se top ru-olie invoerders. Die Suid-Afrikaanse rand en Namibiese doller het ook sterk teen die Amerikaanse geldeenheid vertoon. Daar is steeds ‘n onderverhaling van 38 sent op brandstof maar ‘n oorverhaling van 14 sent op diesel en daarom die besluit. Pryse aan die kus is 13 doller 15 sent per liter petrol en 13 doller 18 sent per liter diesel.