Boris se woonstel-opknappings word ondersoek

Die Britse Eerste Minister Boris Johnson staar ‘n amptelike ondersoek in die gesig oor die befondsing van opknappingswerk by sy woning in Downing-straat. Die Verenigde Koninkryk se verkiesingskommissie het ‘n verklaring uitgereik en sê daar is goeie rede om ‘n oortreding of oortredings te vermoed. Dit sê die ondersoek sal bepaal of enige transaksies wat met die werk verband hou binne die kommissie se bestel val. Volgens nuusberigte beloop die koste van die opknappingswerk byna 4 miljoen Namibiese doller.