Brandstofprys onveranderd, padgebruikerstarief styg

Die Namibiese ministerie van myne en energie het aangekondig brandstofpryse bly onveranderd vir Junie. Die padgebruikerstarief sal egter met sewe sent per liter vir petrol en diesel styg. Dit tarief sal dan 148 cent per liter vanaf 1 Junie kos. Hierdie tarief sal deur die Padfondsadministrasie gebruik word om padinfrastruktuur te befonds. Abednego Ekandjo, ‘n ekonoom van die ministerie van myne en energie, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.