Brandstofprys môre bekend

Die Namibiese ministerie van myne en energie sal môre, 31 Maart, die jongste brandstofprys vir die land bekend maak. ‘n Perskonferensie word tussen nege-uur en tien-uur gehou. Die prys van brandstof tree altyd op die eerste Woensdag van die maand in werking en dus behoort dit op 6 April in werking te tree. Ekonome het reeds talle male voorspel dat die ministerie van myne en energie onderverhalings ervaar en dus sal daar wel weer ‘n verhoging intree. Die prys van olie het in die afgelope 30 dae met amper 9 persent gestyg, en oor ‘n 90-dag periode, met amper 35 persent.