Brandstofprys kan weer styg

Daar word verwag dat daar nog ‘n petrolprys verhoging kan plaasvind met die olieprys wat skerp gestyg het. Brent verhandel op die oomblik teen rondom 83 Amerikaanse dollar en 50 sent ‘n vat. Robert McGregor van Cirrus, verduidelik dit so…

Op die oomblik is olieproduksie vlakke op die vlakke wat tydens die hoogte van die pandemie vanpas was, maar ekonomiese herstel word regoor die wêreld aangeteken en die vraag na olie neem toe. Die Amerikaanse President Joe Biden het ook reeds ‘n beroep op Opul gedoen om te vergader en produksie op te stoot.