Blinde uil-peetma Hediwg maak 11 kuikens groot

Die stigter van die Uilsentrum in Hartbeespoort in Noordwes sê hulle ondervind ‘n toestroming van gevlekte arenduilkuikens wat gered is. Brendan Murray sê 11 van die kuikens is by een van die uil-mammas, Hedwig, geplaas. Sy het reeds talle wees-uilkuikens grootgemaak. Hy verduidelik Hedwig wou vir drie weke nie die kuikens laat gaan nie en hulle aanhou voer totdat hulle na ‘n hok geneem is waar hulle kon verveer. Murray sê die interessante feit is dat Hedwig heeltemal blind is.