Brandstofprys is buite regerings se beheer

Die Suid-Afrikaanse minister van energie, Gwede Mantashe, sê dit is hoofsaaklik wêreldwye invloede wat die styging in brandstofpryse veroorsaak – in die buurland sowel as die streek. Parlementslede het gister gedebatteer oor die land se rekord styging in die brandstofprys, en moontlike ingrypings om ‘n strukturele verandering in die berekening van die basiese brandstofprys te maak. Mantashe sê sy departement behoort nie die skuld te kry vir die prys van brandstof nie.