Brandstofprys eers môre aangekondig

Die ministerie van myne en energie is bewus van die vals inligting wat in die media sirkuleer oor die brandstofprys-aanpassing vir Junie. Die aankondiging oor brandstofpryse sal eers môre gemaak word en volgende week Woensdag 7 Junie in werking tree. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se woordvoerder Andreas Simon gepraat, wat sê dat die brandstof-hersieningskomitee môre sal vergader om die brandstofpryse te bespreek.