Brandstofheffing ‘gaan nie vlugkaartjies duurder maak’

Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid het bewerings dat die voorgestelde brandstofheffing-verhoging tot ‘n verhoging in passasierskaartjiepryse sal bydra, weerlê. Die owerheid sê die voorgestelde brandstofverhogings is vir ‘n tydperk van drie boekjare en is vir die eerste keer op Maandag, 27 November vanjaar vir kommentaar in koerante gepubliseer. Die gemiddelde voorgestelde verhoging vir hierdie tydperk is net een Suid-Afrikaanse sent per liter en slegs van toepassing op nie-geskeduleerde vlugte, insluitend die algemene lugvaartsektor, toegewyde vragvlugte en private huurvlugte.