Google Maps-gebruikers kan nou liggingsdata op selfone stoor

Google Maps gaan ‘n nuwe verstek-opsie bekendstel wat gebruikers toelaat om hul ligginggeskiedenis direk op hul toestelle te stoor eerder as in die wolk. Google Maps-produkdirekteur, Malo McGriff, sê indien gebruikers verkies om die ligginggeskiedenis-instelling aan te skakel, sal die toepassing hul bewegingsdata op hul toestelle stoor, aangesien dit die gerugsteunde data outomaties enkripteer, wat dit veilig maak. Google sê hy sal steeds die opsie bied om liggingdata in die wolk te rugsteun.