Brandstof styg vannag, boere voel dit die meeste

Die plaaslike brandstofprys styg vannag om middernag. Petrol kos dan 50 sent per liter duurder terwyl diesel met 70 sent ‘n liter styg. Dit is veral slegte nuus vir akkerbou omdat die plantseisoen nader kom. Volgens die hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Landbou-unie Roelie Venter, het insetkoste vir beide akkerbouers en veeboere die afgelope tyd skerp gestyg en die brandstofprys is net nog ‘n hou.

In Suid-Afrika styg die petrolprys vannag met 1 rand, 21 sent ‘n liter en diesel met 1 rand, 48 sent.