Brandsiekte by meer as 2 000 leerders in Ohangwena

Die onderwysdirektoraat van Ohangwena sê meer as 2 000 skoolgaande kinders in 92 skole in die streek het brandsiekte. Vier onderwysers is ook besmet. Die direkteur van onderwys in die streek Isak Hamati sê die kinders kan glad nie skoolgaan nie maar voeg by dat die gesondheidsministerie binnekort die uitbreking sal ondersoek. Daar is ook uitdagings omdat talle van die kinders is afgeleë, landelike gebiede woon so mediese bystand is nie altyd beskikbaar nie en verder, dat talle nie van die toestand weet nie. Brandsiekte is ‘n besmetting van die vel deur die menslike jeukmyt. Die myt grawe in die boonste laag van die vel waar dit woon en lê sy eiers. Die mees algemene simptome van brandsiekte is intense jeuk en ‘n puisieagtige veluitslag. Dit word deur oorbevolking veroorsaak en versprei ook deur kontak en in bedlinne.