Rooies verskyn vandag in Windhoek

Oudlanddros Walter “Rooies” Mostert sal vandag in die Windhoek-landdroshof verskyn na hy Vrydag op Keetmanshoop verskyn het. Hy is verlede week Donderdag by die Noordoewer-grenspos in hegtenis geneem nadat hy voortvlugtig was. Hy het op 5 November verlede jaar uit aanhouding ontsnap. Hy staar 29 klagte wat korrupsie insluit, in die gesig. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar was ‘n poging op sy lewe.