Brandende kers oorsaak van Twaloloka-brand

Dit wil voorkom asof ‘n brandende kers die oorsaak van die verwoestende brand by Twaloloka op Walvisbaai oor die naweek was. Twee mense, Ermelinda Dausas, 38, en haar twee jaar oue seuntjie Cristian Dausab is dood. Volgens die Erongo-polisie het die brand in hulle woning ontstaan. Die brand het versprei na drie erwe en talle informele huise is verwoes. Dit is die soveelste brand in die gemeenskap en talle is in die afgelope twee jaar haweloos gelaat. Inspekteur Ileni Shapumba het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.