Brand Africa beloon Bank Windhoek

Brand Africa het Bank Windhoek as Namibië as die gewildste plaaslike finansiële dienste handelsmerk aangewys. Brand Africa se stigter, Thebe Ikalafeng, het vandag die aankondiging by ‘n jaarlikse leierskapsgeleentheid gemaak wat virtueel aangebied is. Die geleentheid het die beste handelsmerke in Afrika vir 2020-2021 aangekondig. Bank Windhoek se uitvoerende hoof vir bemarking en korporatiewe kommuniekasiedienste, Jacquiline Pack, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die bank verwelkom die erkenning.