Branco du Preez sê vaarwel aan Blitsbokke

Rugby: Suid-Afrika se Springbok-Sewes-speler Branco du Preez, wat die meeste kere vir die span uitgedraf het, het sy uittrede uit die sportsoort aangekondig. SA Rugby sê hy verlaat die Blitsbokke met ‘n armvol loopbaan-rekords, goue medaljes en hoogtepunte. Du Preez het in sy 85ste toernooi by die Kaapstadse Sewes gespeel, wat aan hom die agtste plek in die geskiedenis van die Wêreldreeks besorg het. Die 32-jarige het 431 wedstryde gespeel en 1 447 punte aangeteken. Du Preez het 24 toernooi-oorwinnings agter sy naam en het drie goue medaljes in die Wêreldreeks ingepalm. Hy het ook ‘n goue medalje op die Statebondspele verower.