Brakwater het weer die vakansie deurgeloop

Die Brakwater-gebied is steeds ‘n hoë misdaadarea met diewe wat gereeld toeslaan, omdat dit buite die stad is en daar nie juis polisieteenwoordigheid is nie. Bert Laaser, ‘n inwoner van Brakwater sê hulle het ‘n besige feesseisoen gehad met berigte van huisbrake en diefstal.