Brakwater-buurtwag hou misdadigers weg

Namibiese misdadigers teiken dikwels gebiede wat nie so dig bevolk is nie, maar volgens die Voorsitter van die Brakwater-buurtwag, Christo Dreyer, is misdaad in Windhoek is hoër. Hy sê Brakwater aan die buitewyke van die hoofstad het al gewapende rooftogte gehad. Dreyer sê hul buurtwag is baie aktief en ry patrollies wat dit moeilik maak vir misdadigers om toe te slaan. Volgens hom is hul samewerking met die Namibiese polisie en Windhoek Stadspolisie uitstekend. Dreyer gesels met Kosmos 94.1 Nuus.