Bouplanne vir kommersiële eenhede bly gedemp in hoofstad
IJG Sekuriteite sê bouplanne vir vyf nuwe kommersiële en industriële eenhede ter waarde van 1,92 miljoen Namibiese dollar is deur Stad Windhoek in Mei vanjaar goedgekeur. Die makelaarsfirma sê dit bring die gemiddelde maandelikse goedkeurings op vyf nuwe eenhede ter waarde van net meer as 20 miljoen dollar vanjaar te staan, teenoor 13,6 miljoen maandeliks verlede jaar. Tot op hede vanjaar is 22 nuwe eenhede ter waarde van 110,7 miljoen dollar goedgekeur. Twee eenhede is gedurende die maand voltooi, ter waarde van 62 miljoen dollar.