Bouplanne sal afneem die jaar…

Simonis Storm sê Stad Windhoek het 185 bouplanne in Januarie goedgekeur. Dit verteenwoordig 76,2 persent meer as die planne wat in Desember goedgekeur is. Die planne word op net minder as 132 miljoen Namibiese dollar beraam. Die makelaarsfirma sê hy verwag ‘n afname in aansoeke vir aanbouings by wonings. Die redes hiervoor sluit in dat die pandemie afneem en moontlik binnekort as endemies beskryf sal word, sowel as ‘n styging in rentekoerse en die gepaardgaande swak ekonomiese toestande in die land. Dit sal volgens die ontleders veral voorkom by laer- en middel-inkomste huishoudings.