Bouplanne in hoofstad bekend vir Maart

Stad Windhoek het 228 bouplanne in Maart goedgekeur wat 3,2 persent hoër is as die planne wat in Februarie goedgekeur is. Luidens die verslag wat deur IJG Sekuriteite saamgestel is die planne 158,1 miljoen Namibiese doller werd. Geboue ter waarde van 94,3 miljoen doller is voltooi tydens Maart, wat 73,4 persent hoër is as die syfer vir Februarie. IJG sê dat terwyl die getalle van goedgekeurde planne wat in die eerste 3 maande van die jaar meer is, op 15,4 persent, is die waarde 27,1 persent laer, van 556,7 miljoen doller in 2020 tot 406 miljoen vanjaar.