Boulter weer vandag in die hof

Die Britse sakeman Harvey Boulter wat teregstaan vir die moord op sy plaasbestuurder Gerhard van Wyk in Februarie verlede jaar, verskyn weer vandag in die landdroshof op Kamanjab. Dit sal dan ook bekend wees of Boulter in die Windhoekse hoërhof verhoor sal word. Boulter is verlede jaar op borgtog van 500 000 Namibiese dollar vrygelaat is, en sy borgtogvoorwaardes is ook intussen verslap. Hy kan nou Woensdae by  die polisiekantore van Windhoek, Hentiesbaai of Kamanjab aanmeld.