Boulter laat vaar eis vir sekuriteit van kostes teen Alta van Wyk

Die Britse miljardêr en moord-beskuldigde Harvey Boulter, het sy aansoek vir sekuriteit vir kostes teen wyle Gerhard van Wyk se weduwee, Alta, en hul kinders, laat vaar. Hy het die aansoek gebring in die saak waar Alta hom vir skadevergoeding van 83,55 miljoen Namibiese dollar dagvaar ná die skietdood van sy plaasvoorman en haar man Gerhard. Die partye het so ooreengekom en dus, sal Boulter nou die geleentheid gegun word om sy stukke in antwoord op haar eis in te dien. Die saak kom vlugtig vanoggend vroeg voor regter Orben Sibeya voor vir ‘n statusverhoor.