Boulter kan dalk met getuies inmeng

Landdros Immanuel Udjombala het vanmiddag in die Outjo-landdroshof gesê dit sal nie in openbare belang wees om borgtog aan die Britse moordbeskuldigde, Harvey Boulter, toe te staan nie. Hy kan ook moontlik met getuies inmeng. Boulter word daarvan aangekla dat hy sy plaasbestuurder, Gerhard van Wyk, op die plaas Kaross in die Kamanjab-distrik op 27 Februarie noodlottig gewond het. Boulter bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning op 30 Junie.