Boucher sê hulle het alles gedoen wat hulle kon teen Zim

Die Proteas se hoofafrigter Mark Boucher sê hulle wou gister hulle T20-wêreldbeker-aanvangswedstryd teen Zimbabwe in Hobart, Australië voltooi. Die wedstryd is as gevolg van reën tot nege boulbeurte per span verkort. Zimbabwe het herstel van 19 vir vier en geëindig met 79 vir vyf op die telbord. Quinton de Kock het daarna 47 lopies van net 18 balle gemoker om Suid-Afrika se telling op 51 sonder verlies te staan te bring. Dit was slegs 13 kort van hulle hersiene teiken van 64. Dit beteken die twee spanne deel die punte. Boucher sê hulle het alles gedoen wat hulle kon: