‘Botswana se soldate is bo die reg verhewe’

Sinvula Mudabeti van Namibian Lives Matter sê dit wil voorkom asof die weermag in Botswana bo die reg verhewe is. Getuienis is tydens die nadoodse ondersoek, wat tans in die buurland in die hof is, gelewer dat die Nchindo broers ivoor by hulle gehad het, alhoewel daar geen sulke kommentaar was toe die drie saam met hulle Zambiese neef in November verlede jaar doodgeskiet is.