VSA beraam planne vir olieprys

Daar word verwag dat die VSA binnekort ‘n ooreenkoms sal aankondig om oliereserwes vry te stel. Volgens internasionale nuusagentskappe het die Biden-administrasie reeds met China, Indië, Suid-Korea en Japan onderhandel om ook hulle reserwes oop te stel. Kenners meen Biden probeer om die olieprys in bedwang te bring omdat Opul en sy lede nie gereageer het op sy oproepe om produksie te verhoog nie. Brent ru-olie verhandel rondom 79 Amerikaanse dollar per vat vanoggend. Opul en sy vennote het intussen aangekondig dat hulle op 2 Desember sal vergader.