Botswana-regering appelleer teen wettiging van sodomie

Die Appèlhof in Botswana sal vandag die appèlsaak van die buurland se regering oor die wettiging van sodomie aanhoor. Die land se hoërhof het reeds in Julie 2019 beslis die wet, wat ook sewe-jaar se tronkstraf oplê vir verhoudings van dieselfde geslag, ongrondwetlik is. Die aanklaer-generaal Abraham Keetshabe het destyds reeds aangekondig dat hulle appèl sal aanteken. Keetshabe sê die hoërhof het fouteer in sy beslissing wat in 2019 as ‘n groot stap vorentoe vir LGBTQ-regte op die vasteland beskryf is.