Botswana raai burgers af om na SA, Eswatini te reis

Botswana het sy burgers vandag afgeraai om na Suid-Afrika en Eswatini te reis. Die land se departement van internasionale betrekkinge en samewerking waarsku teen onnodige reise na sommige dele van Suid-Afrika, veral KwaZulu-Natal en Gauteng, weens die voortslepende onrus. Botswana waarsku ook sy burgers in veral Durban en Johannesburg om nie onnodig te reis nie en vragmotorbestuurders van Botswana is aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik en die gebiede te vermy waar die onluste voorkom.