Botswana laat vaar alle Covid-maatreëls

Reisigers na Botswana hoef nie meer negatiewe Covid-toetse of bewyse van inenting by die land se grensposte toon nie. Die dra van maskers is ook nie meer verpligtend in Botswana nie. Volgens ‘n mediaverklaring van die gesondheidministerie van Botswana is alle oorblywende Covid-maatreëls in die land laat vaar. Botswana doen egter ‘n beroep op sy burgers om nog steeds teen Covid ingeënt te word.