Botswana gee huise aan sy Olimpiese Spele medalje wenners

Die regering van Botswana het die buurland se atlete wat bronsmedaljes in die
afloswedloop in Tokio by die Olimpiese Spele gewen het, elk met ‘n huis beloon. Die
land se minister van Jeugbemagtiging, Sport en Kulturele Ontwikkeling, Tumiso
Rakgare, het die 400-meter aflosspan in ‘n verklaring geluk gewens. Die land se
regering het in ‘n boodskap op sosiale media gesê die atlete kry elk ‘n
tweeslaapkamerhuis as beloning