Bots-Nam-ooreenkoms uiters teleurstellend

Die Namibian Lives Matter-beweging sê die konsepooreenkoms tussen Namibië en Botswana is ‘n bespotting vir die families van diegene wat aan die hand van die Botswana-weermag gesterf het. Die twee lande, verteenwoordig deur die Zambezi-streeksraad en die Chobe-distriksraad, het ‘n konsepooreenkoms vir samewerking op die gebied van plaaslike ekonomiese ontwikkeling, omgewing en afvalbestuur, gedeelde rivierhulpbronne, kultuur en sport opgestel. Kosmos 94.1 Nuus het met Sinvula Mudabeti, mede-stigter van die beweging gepraat. Hy sê hy is diep teleurgesteld.