Bots hervat beesuitvoere, maar nie na EU nie

Botswana het die uitvoer van beeste of die hoef, sowel as vleis hervat uit gebiede wat vry van bek-en-klouseer verklaar is, maar verkope aan Europa, wat strenger invoerbeperkings het, bly opgeskort. Verlede maand het Botswana die uitvoere opgeskort ná ‘n uitbreking van bek-en-klouseer in een van sy siektebeheersones in die noordooste van die land. Die slag van diere in daardie sone is steeds opgeskort, maar verkope en uitvoere uit die res van die land het weer begin. Afgesien van die EU, voer Botswana beesvleis en diere op die hoef uit na Zambië, Zimbabwe, Namibië en Suid-Afrika, wat ook deur sporadiese uitbrekings van bek-en-klouseer geraak word.