Bosa verbind hom tot 2 miljoen werksgeleenthede, as hy regeer

Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, sê hy is daarvan oortuig die vinnigste en sekerste manier om die land te bou, is om meer werk te skep, meer rykdom vir gesinne te verseker, en te deel met mense wat in nood is. Hy het die party se verkiesingsmanifes in Tshwane onthul. Die manifes het ten doel om ‘n werkende persoon in elke huis te plaas en die ekonomie te laat groei. Maimane sê die party se werksplan is daartoe verbind om indien Bosa aan bewind kom, oor die volgende vyf jaar 2 miljoen werksgeleenthede te skep.