Boris se pos: En toe was daar vyf

Vyf kandidate bly oor vir Maandag se derde stemronde in die Britse Konserwatiewe Party se leierskapstryd. Dit volg nadat Suella Braverman gister slegs 27 stemme in die tweede ronde gekry het, terwyl kandidate 30 stemme moes verwerf om steeds in aanmerking te kom. Die oorblywende kandidate is die voormalige minister van finansies, Rishi Sunak, wat 101 stemme op hom verenig het, Penny Mordaunt met 83 stemme, Liz Truss met 64, Kemi Badenoch met 49 en Tom Tugendhat met 32. Die stemmery sal aanhou totdat net twee kandidate oor is. Die nuwe partyleier sal teen vroeg September verkies word.