Boris moet vanmiddag oor Partygate antwoord gee
Die voormalige Britse premier Boris Johnson het toegegee dat hy die parlement mislei het oor partytjies by Downingstraat 10 tydens die Covid-19 pandemie, maar sê hy het dit nie opsetlik of roekeloos gedoen nie. Die voorregtekomitee van die Laerhuis het Dinsdag Johnson se verweer gepubliseer, wat ingedien is ná ‘n ondersoek om te bepaal of hy die Parlement oor ‘Partygate’ mislei het. Die voormalige premier sê daar is nie ‘n enkele dokument wat aandui dat hy enige waarskuwing of advies ontvang het dat dit ‘n oortreding was nie. Hy sal vanmiddag onder skoot kom wanneer hy vrae in die parlement oor die aangeleentheid moet beantwoord.