Navratilova is kankervry

Die legendariese speler Martina Navratilova sê sy is kankervry, byna vier maande na sy aangekondig het sy is met keel- en borskanker gediagnoseer. Die Tsjeggies-Amerikaner het ‘n totaal van 59 Grand Slam-titels in enkel- en dubbelspelwedstryde verower en word beskou as een van die beste spelers van alle tye. Navratilova, wat in 1981 ‘n Amerikaanse burger geword het, is in 2010 met borskanker gediagnoseer en het dit ook oorkom.