Boris moet eerlik wees vanmiddag…

Die Britse skaduminister vir justisie, Steve Reed, sê hy hoop dat die voormalige eerste minister Boris Johnson vanmiddag eerlik sal wees wanneer hy antwoord moet gee op Partygate. Sy geskrewe verklaring is Dinsdag bekend gemaak maar, hy moet vanmiddag in die parlement verskyn. Reed sê Johnson is bekend daarvoor dat hy nie verantwoordelikheid kan neem nie.