Boris is eerste Britse premier ooit wat wet oortree

Daar is toenemende druk op die Britse premier Boris Johnson, na hy en sy kanselier Rishi Sunak albei beboet is as gevolg van Partygate. Johnson het vir die parlement gelieg en daar is reeds oproepe dat hy moet bedank. Maar, daar is ook sommiges wat meen dat hy die Westerse koalisie met die Orkraïne lei en dus, moet hy eers bly. Die leier van die opposisie Arbeidersparty, Sir Keir Starmer sê die hele aangeleentheid is skandelik.