Boris-hulle soek beheer in Jersey

Die Britse premier, Boris Johnson, het twee vaartuie van die Koninklike Vloot beveel om die see rondom Jersey te patrolleer. Dit volg nadat Frankryk gedreig het om sy kragtoevoer na die eiland in die Engelse Kanaal af te sny te midde van ‘n voortslepende rusie oor visvangregte. Albei vaartuie is bewapen met kanonne en masjiengewere. Britse media berig dat die onenigheid die gevolg is van veranderings wat Brexit aan die visvangregte van Britse en Europese Unie-vlote teweeg gebring het. Johnson sê enige versperring deur Franse bote sal heeltemal ongeregverdig wees.