Boris het kommer oor Indiese variant

Die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, sê die Indiese Covid-variant wat tans in omloop in die land is, is ‘n bron van kommer. Engeland se Departement van Openbare Gesondheid het die B.1.617.2, wat die eerste keer in Indië waargeneem is, verlede week as ‘n kommerwekkende variant uitgewys nadat groepe gevalle plek-plek voorgekom het. Vroeë inligting dui daarop dat die entstof wat tans in Engeland gebruik word, moontlik nie so doeltreffend teen die variant is nie. Johnson sê ten spyte hiervan sal sy regering steeds volgende week Engeland se inperkingsregulasies begin verslap: