Boris het aansienklik meer makietie gemaak tydens inperking – opposisie

Die Britse opposisie beweer eerste minister Boris Johnson het die land opsetlik mislei oor onwettige partytjies in Downingstraat 10 tydens die inperking. Die onderleier van die Arbeiders, Angela Rayner, sê dit wil voorkom of hy tot ses van die 12 partytjies bygewoon en minstens een van hulle voorgestel het. Hy is reeds beboet omdat hy inperking-maatreëls oortree het, hoewel hy volhou dat alle riglyne nagekom is. Rayner sê egter daar was heelwat meer sosiale byeenkomste as wat Johnson bereid is om te erken.