Borg vir verdagtes wat ministers gyselaar hou

Die meeste van die meer as 50 mense wat in hegtenis geneem is nadat drie ministers verlede week in Irene, Pretoria gyselaar gehou is, is in die Pretoria landdroshof op borgtog van 500 Suid-Afrikaanse rand elk vrygelaat. Die ander 11 wat misdaadrekords het, sal Vrydag om borgtog aansoek doen. Die minister van verdediging, Thandi Modise, haar adjunk, Thabang Makwetla, die minister in die Presidensie, Mondli Gungubela, en talle ander is verhoed om ‘n vergadering met militêre veterane te verlaat. Die aanklagte teen die beskuldigdes sluit in ontvoering en sameswering tot ontvoering.