Borg (vir nou) geweier in Keetmans-moordsaak

Daar was groot verligting op Keetmanshoop toe die saak teen lede van Nampol uitgestel is tot 30 Januarie vanjaar en die verdagtes bly in aanhouding. Die twee beamptes van die Spesiale Reserwemag het verskyn op ‘n klag van moord nadat hulle glo die 31-jarige Elleste Plaatjie tydens ‘n roetine-polisie-operasie aangerand het. Hy is daarna dood. Die NEFF-aktivis, Michael Amushelelo, het ‘n vreedsame protes-optog teen die borgtog van die twee gehou. Die landdroshof se aanklaer op die dorp het die groep toegespreek.